JOHANNES 9:22
JOHANNES 9:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit het sy ouers gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het al ooreengekom dat as iemand Hom as die Christus bely, hy uit die sinagoge geban sou word.
JOHANNES 9:22 Bybel vir almal (ABA)
Die man se ouers het dit gesê omdat hulle bang was vir die Jode. Die Jode het klaar besluit: As iemand sê hy glo dat Jesus die Christus is, dan mag hy nooit weer in die sinagoge kom nie.
JOHANNES 9:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sy ouers het dit gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het toe al klaar met mekaar afgespreek dat iemand wat openlik verklaar dat Jesus die Christus is, uit die sinagoge geban sal word.
JOHANNES 9:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit het sy ouers gesê omdat hulle bang was vir die Jode. Die Jode het naamlik reeds ooreengekom dat as iemand Hom openlik as die Christus sou bely, hy uit die •sinagoge geban sou word.
JOHANNES 9:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hierdie woorde het sy ouers gespreek, omdat hulle die Jode gevrees het; want die Jode het reeds ooreengekom dat as iemand bely dat hy Christus is, hy uit die sinagoge gesit moet word.
JOHANNES 9:22 Die Boodskap (DB)
Sy ouers was bang vir die Jode; daarom het hulle so ontwykend geantwoord. Hulle het alte goed geweet wat die Joodse leiers besluit het: enigiemand wat iets goeds oor Jesus sê of Jesus in die openbaar verdedig, sou nie meer welkom wees by die Joodse byeenkomste nie. Sulke mense sal nooit weer daar mag kom, of saam met die Jode mag kerk hou nie. Daarvoor het die man se ouers nie kans gesien nie.