JOHANNES 9:15
JOHANNES 9:15 Bybel vir almal (ABA)
Die Fariseërs het ook vir hom gevra hoekom hy nou kan sien. Hy het vir hulle gesê: “'n Man het klei op my oë gesit, ek het my gewas en ek kon sien.”
JOHANNES 9:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek sien.
JOHANNES 9:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Fariseërs het hom ook weer gevra hoe dit gekom het dat hy kan sien. Hy het hulle geantwoord: “Hy het klei op my oë gesit en ek het my gewas, en nou sien ek.”
JOHANNES 9:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Fariseërs het hom toe weer gevra hoe hy begin sien het. Hy het hulle geantwoord: “Hy het modder op my oë gesit en ek het my gewas, en nou sien ek.”
JOHANNES 9:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe vra die Fariseërs hom ook weer hoe hy sy gesig gekry het. Hy sê vir hulle: Hy het klei op my oë gelê, en ek was en sien.