JOHANNES 7:4
JOHANNES 7:4 Die Boodskap (DB)
As jy aandag wil trek, help dit nie jy kruip hier weg nie. As jy hierdie dinge dan nou moet doen, gaan doen dit ten minste daar waar al die mense jou kan sien.”
JOHANNES 7:4 Bybel vir almal (ABA)
Dit help nie 'n mens doen iets waar niemand dit kan sien nie, want dan moet jy nie dink almal sal weet van jou nie. Wanneer jy hierdie wonderwerke doen, moet jy dit só doen dat al die mense kan sien dit is jý wat dit doen.”
JOHANNES 7:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want niemand doen iets in die geheim en soek tegelykertyd om in iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge doen, vertoon Uself aan die wêreld.
JOHANNES 7:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Mens wat oral bekend wil wees, doen nie iets in die geheim nie. Aangesien jy dan hierdie dinge doen, maak jou openlik aan die wêreld bekend.”
JOHANNES 7:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want niemand doen iets in die geheim en wil dan tog in die openbaar bekend wees nie. Indien jy hierdie dinge wil doen, maak dan jouself aan die wêreld bekend.”