JOHANNES 7:38
JOHANNES 7:38 Bybel vir almal (ABA)
Dit sal wees soos daar in die Ou Testament geskryf is: “ As iemand in My glo, dan sal die water soos fonteine uit hom vloei, die water wat die ewige lewe gee.”
JOHANNES 7:38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
JOHANNES 7:38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”
JOHANNES 7:38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy wat in My glo, soos wat die Skrif sê, ‘Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.’ ”
JOHANNES 7:38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy buik vloei.
JOHANNES 7:38 Die Boodskap (DB)
“Dan sal jy soos ’n fontein word waaruit daar vars water borrel, om ’n voorbeeld uit die Skrif te gebruik. Dit sal nie gewone water wees nie, maar ‘water’ wat ’n mens vir ewig sal laat leef.”