JOHANNES 7:19
JOHANNES 7:19 Bybel vir almal (ABA)
Moses het vir julle wette gegee, maar nie een van julle doen wat die wette sê nie. Hoekom probeer julle My doodmaak?”
JOHANNES 7:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Het Moses julle nie die wet gegee nie? En niemand van julle hou die wet nie. Waarom wil julle My om die lewe bring?
JOHANNES 7:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Het Moses nie die wet vir julle gegee nie? En tog hou nie een van julle die wet nie. Waarom wil julle My dan doodmaak?”
JOHANNES 7:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Het Moses nie vir julle die wet gegee nie? En nie een van julle voer die wet uit nie. Waarom probeer julle My dan doodmaak? ”
JOHANNES 7:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Het Moses nie vir julle die wet gegee nie, en tog onderhou niemand van julle die wet nie? Waarom gaan julle om my dood te maak?
JOHANNES 7:19 Die Boodskap (DB)
Het Moses nie vir julle die wet gegee nie? Dit is mos die wil van God. Maar julle steur julle nie daaraan nie. Julle breek die wet elke dag. Nou wil julle My doodmaak omdat Ek kamma die wet gebreek het toe Ek op die sabbat iemand gesond gemaak het. Verbeel jou!”