JOHANNES 6:60
JOHANNES 6:60 Bybel vir almal (ABA)
Baie van Jesus se dissipels het gehoor wat Hy sê oor die brood uit die hemel. Hulle sê toe: “Die dinge wat Jesus sê, is baie moeilik om te verstaan. Ons wil dit nie hoor nie.”
JOHANNES 6:60 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?
JOHANNES 6:60 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle dit hoor, het baie van Jesus se dissipels gesê: “Wat Hy nou sê, is darem te erg. Wie kan daaraan gehoor gee?”
JOHANNES 6:60 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Baie van sy dissipels het, toe hulle dit hoor, gesê: “Hierdie woord is erg; wie kan daarna luister?”
JOHANNES 6:60 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Baie van sy dissipels het dan, toe hulle dit hoor, gesê: Dit is 'n harde woord; wie kan dit hoor?