JOHANNES 6:57 - Compare All Versions
JOHANNES 6:57 ABA (Bybel vir almal)
Die Vader lewe. Hy het My gestuur en Hy laat My lewe. So laat Ek ook almal lewe wat my liggaam eet.
JOHANNES 6:57 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.
JOHANNES 6:57 AFR83 (Afrikaans 1983)
Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur Hom lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.
JOHANNES 6:57 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader leef, so sal die een wat My eet, ook deur My leef.
JOHANNES 6:57 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.
JOHANNES 6:57 DB (Die Boodskap)
Die Vader, wat My gestuur het, het die lewe. Hy het aan My die lewe gegee en daarom lewe Ek. Net so sal Ek dieselfde goddelike lewe aan die persoon gee wat My ‘eet’.
JOHANNES 6:57 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Soos die lewende Vader My gestuur het en Ek deur die Vader lewe, só sal hy wat My eet, ook as gevolg van My lewe.