JOHANNES 6:55-56 - Compare All Versions

JOHANNES 6:55-56 ABA (Bybel vir almal)

Dit sal gebeur, want my liggaam en my bloed is die ware kos. Wanneer iemand my liggaam eet en my bloed drink, dan is Ek by hom en hy is by My.

JOHANNES 6:55-56 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.

JOHANNES 6:55-56 AFR83 (Afrikaans 1983)

My liggaam is die ware voedsel, en my bloed is die ware drank. Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.

JOHANNES 6:55-56 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Want my liggaam is ware voedsel, en my bloed is ware drank. Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.

JOHANNES 6:55-56 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. Hy wat my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.

JOHANNES 6:55-56 DB (Die Boodskap)

Dít: my liggaam is die ware geestelike voedsel en my bloed die ware geestelike drank. Dit werk so: as iemand my liggaam eet en my bloed drink, ontstaan daar ’n geestelike eenheid tussen ons. Vir so ’n persoon word Ek die fokus van sy lewe en Ek is ook altyd by hom.

JOHANNES 6:55-56 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

My liggaam is egte voedsel en my bloed is egte drank. Wie my liggaam eet en my bloed drink, beleef ’n innige verhouding met My en Ek met hom.