JOHANNES 6:31-32
JOHANNES 6:31-32 Bybel vir almal (ABA)
Ons voorvaders het manna in die woestyn geëet. In die Ou Testament is geskryf: “ Hy het vir hulle brood gegee om te eet, die brood wat uit die hemel kom.” Jesus het vir die mense gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle dink dit is Moses wat vir julle die brood gegee het wat uit die hemel gekom het. Nee, dit is my Vader wat nou vir julle die regte brood gee wat uit die hemel kom.
JOHANNES 6:31-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet. En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.
JOHANNES 6:31-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons voorouers het manna in die woestyn geëet, soos daar geskrywe staan: Hy het aan hulle brood uit die hemel gegee om te eet. ” Jesus het hulle geantwoord: “Dít verseker Ek julle: Dit is nie Moses wat vir julle die brood uit die hemel gegee het nie, maar dit is my Vader wat vir julle die ware brood uit die hemel gee.
JOHANNES 6:31-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos daar geskryf staan, ‘Hy het aan hulle brood uit die hemel gegee om te eet.’ ” Jesus sê toe vir hulle: “Amen, amen, Ek sê vir julle: Dit is nie Moses wat vir julle die brood uit die hemel gegee het nie – nee, my Vader gee vir julle die ware brood uit die hemel.
JOHANNES 6:31-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ons vaders het manna in die woestyn geëet; soos geskrywe is: Hy het vir hulle brood uit die hemel gegee om te eet. Toe sê Jesus vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Moses het vir julle nie daardie brood uit die hemel gegee nie; maar my Vader gee vir julle die ware brood uit die hemel.
JOHANNES 6:31-32 Die Boodskap (DB)
Neem byvoorbeeld die wonderlike ding wat met ons voorouers gebeur het. In die woestyn het Moses vir hulle manna gegee om te eet. Daar staan geskryf: ‘Hy het aan hulle brood uit die hemel gegee om te eet.’” Jesus antwoord hulle: “Daardie woorde sê nie dat dit Moses was wat die brood uit die hemel gegee het nie. Dit is eintlik my Vader wat die brood uit die hemel vir julle gee. En dit is nie sommer gewone brood nie; dit is die ware brood.
JOHANNES 6:31-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons voorvaders het tog manna in die woestyn geëet soos daar geskryf staan: ‘Brood uit die hemel het Hy aan hulle gegee om te eet.’” Jesus het hulle daarop geantwoord: “Ek verseker julle, dis nie Moses wat aan julle die brood uit die hemel gegee het nie, maar my Vader. En dit is Hy wat nou aan julle die ware brood uit die hemel gee.