JOHANNES 3:5-6
JOHANNES 3:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou, en dit is seker: Iemand moet eers uit water en uit Gees gebore word, dan sal hy weet God is sy Koning. Wanneer iemand gebore word uit 'n mens, dan is hy 'n mens. Maar wanneer iemand gebore word uit die Heilige Gees, dan is hy 'n mens wat 'n gees het wat waarlik lewe.
JOHANNES 3:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
JOHANNES 3:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
JOHANNES 3:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus antwoord: “Amen, amen, Ek sê vir jou: As iemand nie uit water én Gees gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie binnegaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees, en wat uit die Gees gebore is, is gees.
JOHANNES 3:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
JOHANNES 3:5-6 Die Boodskap (DB)
“Luister baie mooi wat Ek vir jou sê,” kom dit van Jesus. “Die pad na die ryk waar God Koning is, is toe vir elkeen wat nie gebore word uit lewende water en die Heilige Gees nie. Immers, ’n kind wat uit ’n mens gebore word, is maar net ’n mens. Wie egter uit die Gees gebore word, begin geestelik lewe.
JOHANNES 3:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het geantwoord: “Ek verseker jou, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy so nimmer as te nooit in die koninkryk van God ingaan nie. Wat uit ’n menslike liggaam gebore is, is menslik, en wat uit die Gees gebore is, is gees.