JOHANNES 3:3-6
JOHANNES 3:3-6 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het hom geantwoord: “Ek sê vir jou, en dit is seker: 'n Mens moet eers weer gebore word, dan sal hy weet God is sy Koning.” Nikodemus sê toe vir Hom: “Maar hoe kan 'n mens gebore word as hy klaar groot is? 'n Mens kan nie 'n tweede maal in sy ma ingaan en weer gebore word nie.” Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou, en dit is seker: Iemand moet eers uit water en uit Gees gebore word, dan sal hy weet God is sy Koning. Wanneer iemand gebore word uit 'n mens, dan is hy 'n mens. Maar wanneer iemand gebore word uit die Heilige Gees, dan is hy 'n mens wat 'n gees het wat waarlik lewe.
JOHANNES 3:3-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
JOHANNES 3:3-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?” Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
JOHANNES 3:3-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het hom geantwoord: “Amen, amen, Ek sê vir jou: As iemand nie van bo gebore word nie, kan hy die •koninkryk van God nie sien nie.” Nikodemus sê vir Hom: “Hoe kan 'n mens weer gebore word as hy reeds oud is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die moederskoot ingaan en gebore word nie?” Jesus antwoord: “Amen, amen, Ek sê vir jou: As iemand nie uit water én Gees gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie binnegaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees, en wat uit die Gees gebore is, is gees.
JOHANNES 3:3-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodemus sê vir hom: Hoe kan 'n mens gebore word as hy oud is? kan hy vir die tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
JOHANNES 3:3-6 Die Boodskap (DB)
Jesus antwoord hom toe: “Weet jy, Ek wil nou vir jou iets belangriks sê. As iemand nie nog ’n keer gebore word nie, sal hy sowaar nie deel word van die ryk waar God Koning is nie.” “Hoe is dit moontlik om as jy al groot en oud is, nog ’n keer gebore te word?” vra Nikodemus Hom. “’n Mens kan mos nie ’n tweede maal in jou ma terugklim om weer ’n keer gebore te word nie.” “Luister baie mooi wat Ek vir jou sê,” kom dit van Jesus. “Die pad na die ryk waar God Koning is, is toe vir elkeen wat nie gebore word uit lewende water en die Heilige Gees nie. Immers, ’n kind wat uit ’n mens gebore word, is maar net ’n mens. Wie egter uit die Gees gebore word, begin geestelik lewe.
JOHANNES 3:3-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het daarop reageer: “Ek verseker jou, as iemand nie van bo gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Nikodemus vra toe: “Hoe kan ’n mens gebore word as hy al ’n bejaarde is? Hy kan tog nie vir ’n tweede keer in sy ma se skoot gaan en gebore word nie?” Jesus het geantwoord: “Ek verseker jou, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy so nimmer as te nooit in die koninkryk van God ingaan nie. Wat uit ’n menslike liggaam gebore is, is menslik, en wat uit die Gees gebore is, is gees.