JOHANNES 21:15
JOHANNES 21:15 Bybel vir almal (ABA)
Toe die dissipels klaar oggend-ete geëet het, sê Jesus vir Simon Petrus: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir My, meer as die ander dissipels?” Petrus het gesê: “Ja, Here, U weet ek is lief vir U!” Jesus sê toe vir hom: “Dan moet jy my skape laat wei, jy moet sorg vir my mense.”
JOHANNES 21:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei.
JOHANNES 21:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.”