JOHANNES 2:4-7
JOHANNES 2:4-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Jesus sê vir haar: “Vrou, waarom pla u My? My uur het nog nie aangebreek nie. ” Sy moeder sê vir die dienaars: “Doen wat Hy ook al vir julle sê.” Daar het, ooreenkomstig die reinigingsgebruike van die Jode, ses klipkanne gestaan wat elk tussen twee en drie metretes kon hou. Jesus sê toe vir hulle: “Maak die kanne vol water.” En hulle het dit tot bo toe volgemaak.
JOHANNES 2:4-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus se reaksie was: “Wat het dit met My en jou te doen, Vrou? My tyd het nog nie gekom nie.” Sy ma sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle gaan doen.” Daar het ses klipkanne gestaan met water wat die Jode vir hulle rituele reiniging gebruik het. Elkeen het ongeveer 100 liter gehou. Jesus sê toe vir die kelners: “Maak die kanne vol water!” Hulle het dit tot heel bo vol gemaak.
JOHANNES 2:4-7 Die Boodskap (DB)
Jesus antwoord haar: “Wat het dit eintlik met My te doen? Dit is nie my groot oomblik nie, nog nie.” Sy ma vra die helpers toe: “Doen asseblief wat Hy vir julle sê.” Daar eenkant het ses klipkanne gestaan. Elkeen het sowat 90 liter water gehou. Die Jode het die water gebruik om hulleself godsdienstig te reinig. Jesus sê toe vir die helpers: “Maak daardie kanne vol water.” Die helpers het die kanne tot heel bo vol gemaak.
JOHANNES 2:4-7 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir haar gesê: “Mevrou, hoekom sê jy dit vir My? Dit is nog nie my tyd nie.” Jesus se ma sê toe vir die kelners: “Julle moet doen wat Jesus vir julle sê.” Daar was ses watervate van klip. Die Jode het die water in die vate gebruik om hulle te reinig. Daar was 90 tot 100 liter water in elke klipvat. Jesus het vir die kelners gesê: “Maak die vate vol water!” Hulle het die vate heeltemal volgemaak.
JOHANNES 2:4-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie. Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen. En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou. Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water En hulle het hul tot bo toe volgemaak.
JOHANNES 2:4-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Hy sê vir haar: “Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie.” Sy moeder sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.” Daar het ses klipkanne gestaan vir water wat die Jode by hulle reiniging gebruik het. Elkeen het tussen negentig en honderd liter gehou. Jesus sê toe vir die kelners: “Maak die kanne vol water.” Hulle het dit tot bo toe volgemaak.
JOHANNES 2:4-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Jesus sê vir haar: “Vrou, waarom pla u My? My uur het nog nie aangebreek nie. ” Sy moeder sê vir die dienaars: “Doen wat Hy ook al vir julle sê.” Daar het, ooreenkomstig die reinigingsgebruike van die Jode, ses klipkanne gestaan wat elk tussen twee en drie metretes kon hou. Jesus sê toe vir hulle: “Maak die kanne vol water.” En hulle het dit tot bo toe volgemaak.
JOHANNES 2:4-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met jou te doen? my uur het nog nie gekom nie. Sy moeder sê vir die dienaars: Alles wat hy vir julle sê, doen dit. En daar was daar ses waterpotte van klip, volgens die wyse van die reiniging van die Jode, met twee of drie firkins elk. Jesus sê vir hulle: Maak die waterkanne vol water. En hulle het dit tot die rand vol gemaak.