JOHANNES 2:19-20
JOHANNES 2:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir hulle gesê: “Julle kan hierdie tempel afbreek, en Ek sal dit in drie dae weer bou.” Die Jode het gesê: “Die mense het 46 jaar gewerk om die tempel klaar te bou! En jy sê jy sal dit in drie dae weer bou! Ons glo dit nie!”
JOHANNES 2:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig. En die Jode sê: Ses-en-veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig?
JOHANNES 2:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het hulle geantwoord: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig.” Die Jode sê toe: “Ses en veertig jaar lank is daar aan hierdie tempel gebou, en u sal hom in drie dae oprig?”
JOHANNES 2:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het hulle geantwoord: “Breek hierdie tempel af, en binne drie dae sal Ek dit opbou.” Daarop het die Jode gesê: “Ses-en-veertig jaar gelede is daar aan hierdie tempel begin bou, en jy sal dit binne drie dae opbou?”
JOHANNES 2:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig. Toe sê die Jode: Ses-en-veertig jaar lank is hierdie tempel gebou, en sal U dit in drie dae oprig?