JOHANNES 2:14
JOHANNES 2:14 Bybel vir almal (ABA)
By die tempel het Hy mense gesien wat beeste, skape en duiwe verkoop. Daar het ook mense gesit wat geld omruil.
JOHANNES 2:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit.
JOHANNES 2:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die tempelplein het Hy die verkopers van beeste, skape en duiwe gekry en die geldwisselaars wat daar sit.
JOHANNES 2:14 Die Boodskap (DB)
Op die plein wat aan die tempelgebou grens, was dit die ene bedrywigheid. Die plek was vol handelaars wat beeste, skape en duiwe aan die mense verkoop het om as offers te gebruik. Oral het tafels gestaan waar ’n mens vreemde geld kon omruil vir geld wat vir tempelbelasting gebruik kon word.