JOHANNES 19:4
JOHANNES 19:4 Bybel vir almal (ABA)
Pilatus het weer buitetoe gegaan. Hy het vir die Jode gesê: “Kyk, ek sal nou vir Jesus buitetoe laat kom na julle toe, sodat julle kan weet ek dink Jesus het niks verkeerd gedoen nie.”
JOHANNES 19:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Pilatus gaan toe weer buitentoe en sê vir hulle: Kyk, ek bring Hom vir julle uit buitentoe, sodat julle kan weet dat ek in Hom geen skuld vind nie.
JOHANNES 19:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Pilatus het toe weer buitentoe gekom en vir die Jode gesê: “Kyk, ek bring hom vir julle buitentoe, sodat julle kan weet dat ek geen skuld in hom vind nie.”
JOHANNES 19:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Pilatus het weer uitgekom na buite en vir hulle gesê: “Kyk, ek bring hom vir julle na buite, sodat julle kan weet dat ek geen skuld in hom vind nie.”
JOHANNES 19:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Pilatus het dan weer uitgegaan en vir hulle gesê: Kyk, ek bring hom na julle uit, sodat julle kan weet dat ek geen skuld by hom vind nie.