JOHANNES 17:26
JOHANNES 17:26 Bybel vir almal (ABA)
Ek het vir hulle vertel van U en Ek sal vir hulle nog meer vertel van U. Dan sal u liefde in hulle harte wees, die liefde wat U vir My het, en Ek sal by hulle wees.”
JOHANNES 17:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
JOHANNES 17:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.”
JOHANNES 17:26 Die Boodskap (DB)
Ek het hulle mooi vertel wie en hoe U presies is, en Ek is nog nie klaar nie; Ek sal nog verder met hulle daaroor praat. Dan sal hulle iets van u liefde begryp. Hulle sal verstaan hoe lief U My het en wat dit beteken. Dit alles sal deel word van hulle lewe soos Ek deel van hulle lewe is.”