JOHANNES 17:25-26
JOHANNES 17:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U, en hulle hier weet dat U My gestuur het. Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.”
JOHANNES 17:25-26 Bybel vir almal (ABA)
Regverdige Vader, die mense van die wêreld ken U nie, maar Ek ken U, en die mense wat U vir My gegee het, weet U het My na die wêreld gestuur. Ek het vir hulle vertel van U en Ek sal vir hulle nog meer vertel van U. Dan sal u liefde in hulle harte wees, die liefde wat U vir My het, en Ek sal by hulle wees.”
JOHANNES 17:25-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het. En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
JOHANNES 17:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U, en hulle hier weet dat U My gestuur het. Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.”
JOHANNES 17:25-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
•Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U, en hulle weet dat U My gestuur het. En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.”
JOHANNES 17:25-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
O regverdige Vader, die wêreld het U nie geken nie, maar Ek het U geken, en hulle het geweet dat U My gestuur het. En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit verkondig, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het in hulle kan wees, en Ek in hulle.
JOHANNES 17:25-26 Die Boodskap (DB)
Vader, U doen wat reg en regverdig is. Die ongelowige mense weet nie wie U is nie en steur hulle ook nie aan U nie. Dit is so anders as Ek wat U goed ken. My volgelinge weet dat U My na hulle toe gestuur het. Ek het hulle mooi vertel wie en hoe U presies is, en Ek is nog nie klaar nie; Ek sal nog verder met hulle daaroor praat. Dan sal hulle iets van u liefde begryp. Hulle sal verstaan hoe lief U My het en wat dit beteken. Dit alles sal deel word van hulle lewe soos Ek deel van hulle lewe is.”
JOHANNES 17:25-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U en hulle hier weet dat U My gestuur het. Ek het u Naam aan hulle bekendgemaak en Ek sal dit nog verder bekendmaak sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle mag leef en Ek ook in ’n hegte verhouding met hulle mag leef.”