JOHANNES 17:13
JOHANNES 17:13 Die Boodskap (DB)
Ek is nou op pad terug na U toe. Daarom gesels Ek met my volgelinge oor al hierdie dinge terwyl Ek nog by hulle is. Dan kan hulle saam met My bly wees oor alles wat gebeur.
JOHANNES 17:13 Bybel vir almal (ABA)
Nou gaan Ek na U toe. Ek bid al hierdie dinge terwyl Ek nog op die aarde is, want Ek wil die mense bly maak wat U vir My gegee het. Ek wil hulle regtig baie bly maak.
JOHANNES 17:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê.
JOHANNES 17:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Maar nou kom Ek na U toe. En Ek sê dit terwyl Ek nog in die wêreld is, sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulle kan hê.
JOHANNES 17:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar nou kom Ek na U. Ek sê hierdie dinge terwyl Ek in die wêreld is, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê.