JOHANNES 16:2
JOHANNES 16:2 Bybel vir almal (ABA)
Die mense sal julle wegjaag uit die sinagoges. Daar sal 'n tyd kom wanneer die mense julle sal doodmaak en dan sal hulle dink hulle dien God.
JOHANNES 16:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom 'n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys.
JOHANNES 16:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mense sal julle uit die sinagoges ban. Daar kom selfs 'n tyd dat elkeen wat een van julle doodmaak, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys.
JOHANNES 16:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle sal julle uit die •sinagoges ban. Daar kom 'n tyd dat elkeen wat vir julle doodmaak, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys.
JOHANNES 16:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle sal julle uit die sinagoges verdryf; ja, die tyd kom dat elkeen wat julle doodmaak, sal dink dat hy God dien.
JOHANNES 16:2 Die Boodskap (DB)
Praat van gevaarlike tye - die Jode sal julle uit hulle byeenkomste jaag en julle verbied om weer daar te kom. En dit is nie al nie! In ’n stadium sal hulle julle selfs doodmaak en dan mekaar gelukwens met die groot guns wat hulle vir God gedoen het.