JOHANNES 15:24-25
JOHANNES 15:24-25 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het gesien dat Ek wonderwerke doen wat niemand anders kan doen nie. Nou kan hulle nie sê hulle is nie sondaars nie. Hulle het gesien wat Ek gedoen het, maar hulle haat My en my Vader. Dit gebeur sodat dit waar kan word wat in die Ou Testament geskryf is: “ Hulle het My gehaat, maar Ek het niks verkeerd gedoen nie.
JOHANNES 15:24-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat. Maar die woord wat in hulle wet geskrywe is, moet vervul word: Hulle het My sonder oorsaak gehaat.
JOHANNES 15:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
As Ek nie by hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie; maar nou sien hulle dit, en tog haat hulle My en my Vader. Maar die woorde wat in die Skrif geskrywe staan, moet vervul word: ‘Hulle het My sonder rede gehaat.’
JOHANNES 15:24-25 Die Boodskap (DB)
As dit nie vir My was nie, sou niemand hulle kon blameer nie. Hulle sou dan mos nie geweet het wat reg of verkeerd is nie. Toe kom Ek. Die dinge wat Ek gedoen het, het hulle nog nooit gesien nie. Niemand kon of het dit nog ooit gedoen nie. Nou neem hulle My en my Vader bitter kwalik en Ons is vir hulle soos vyande. Daarom is dit nie vreemd dat hulle so maak nie. Ons lees mos in die Skrif: ‘Hulle het niks van My gehou nie.’
JOHANNES 15:24-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As Ek nie onder hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie. Maar nou het hulle dit reeds gesien en tog het hulle My en my Vader gehaat. “Die uitspraak wat in hulle wet opgeskryf is, moet vervul word: ‘Hulle het My sonder rede gehaat.’