JOHANNES 13:29
JOHANNES 13:29 Bybel vir almal (ABA)
Judas het die sak gedra waarin Jesus en die dissipels se geld was. Daarom het party van die dissipels gedink Jesus sê vir Judas om alles te gaan koop wat hulle moet hê vir die Paasfees. Party dissipels het gedink Jesus sê vir Judas hy moet geld vir die arm mense gaan gee.
JOHANNES 13:29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want sommige het gedink, terwyl Judas die beurs gehad het, dat Jesus vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir die fees; of dat hy iets aan die armes moes gee.
JOHANNES 13:29 Afrikaans 1983 (AFR83)
Omdat Judas die beursie gehad het, het party van hulle gedink dat Jesus vir hom sê: “Gaan koop wat ons vir die paasfees nodig het,” of dat hy iets vir die armes moes gaan gee.
JOHANNES 13:29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Omdat Judas die geldbeurs gedra het, het sommige gedink dat Jesus aan hom gesê het: “Gaan koop wat ons vir die fees nodig het,” of dat hy iets aan die armes moes gee.
JOHANNES 13:29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want sommige van hulle het gedink, omdat Judas die sak gehad het, dat Jesus vir hom gesê het: Koop wat ons nodig het teen die fees; of, dat hy iets aan die armes moet gee.