JOHANNES 13:2
JOHANNES 13:2 Bybel vir almal (ABA)
Jesus en die dissipels was besig om te eet. Die duiwel het toe al klaar vir Judas die plan gegee om Jesus te verraai.
JOHANNES 13:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En gedurende die maaltyd — die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai
JOHANNES 13:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte gebring om Jesus te verraai.
JOHANNES 13:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gedurende die aandete het die Duiwel dit reeds in die hart van Judas, seun van Simon Iskariot, gelê om Jesus te verraai.
JOHANNES 13:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die maaltyd geëindig het, het die duiwel nou in die hart van Judas Iskariot, die seun van Simon, gegee om hom te verraai