JOHANNES 13:1
JOHANNES 13:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
JOHANNES 13:1 Bybel vir almal (ABA)
Dit was amper tyd vir die Paasfees. Jesus het geweet dit was tyd om weg te gaan van hierdie wêreld en terug te gaan na sy Vader toe. Alles wat Jesus tot daardie dag gedoen het, het gewys dat Hy lief was vir die mense wat aan Hom behoort het en wat in die wêreld was. Jesus het tot die einde sy liefde vir hulle gewys, Hy het dit heeltemal gewys toe Hy aan die kruis gesterf het.
JOHANNES 13:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
JOHANNES 13:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad.
JOHANNES 13:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Voor die Fees van die Pasga het Jesus reeds geweet dat sy uur aangebreek het dat Hy van hierdie wêreld na die Vader sou oorgaan. Daarom, omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, het Hy hulle liefgehad tot aan die einde.
JOHANNES 13:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En voor die fees van die pasga, toe Jesus geweet het dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld na die Vader sou gaan, omdat Hy sy eie mense liefgehad het wat in die wêreld was, het Hy hulle liefgehad tot die einde toe.