JOHANNES 11:55
JOHANNES 11:55 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die paasfees van die Jode was naby. Baie mense het voor die paasfees van die platteland af na Jerusalem toe gegaan om hulle te reinig.
JOHANNES 11:55 Bybel vir almal (ABA)
Dit was tyd vir die Joodse Paasfees. Baie mense het na Jerusalem gegaan. Hulle het gegaan voor die Paasfees begin het, want hulle wou hulleself eers reinig.
JOHANNES 11:55 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die pasga van die Jode was naby; en baie het uit dié landstreek na Jerusalem opgegaan voor die pasga om hulle te reinig.
JOHANNES 11:55 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Joodse Pasga was naby, en baie mense het voor die Pasga van die platteland na Jerusalem opgegaan om hulleself te reinig.
JOHANNES 11:55 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die pasga van die Jode was naby, en baie het voor die pasga uit die land opgetrek na Jerusalem om hulleself te reinig.