JOHANNES 11:54
JOHANNES 11:54 Bybel vir almal (ABA)
In die provinsie Judea het die Jode almal geweet waar Jesus is. Daarom het Hy nie daar gebly nie, Hy het weggegaan na die stad Efraim. Efraim was in 'n deel van die land naby die woestyn. Hy het daar gaan bly saam met sy dissipels.
JOHANNES 11:54 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom het Jesus nie meer in die openbaar onder die Jode gewandel nie, maar daarvandaan weggegaan na die streek naby die woestyn, na 'n stad met die naam van Efraim. En daar het Hy vertoef met sy dissipels.
JOHANNES 11:54 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom het Jesus nie meer in die openbaar onder die Jode rondgegaan nie, maar daarvandaan weggegaan na die streek naby die woestyn, na 'n dorp met die naam Efraim. Daar het Hy met sy dissipels 'n rukkie gebly.