JOHANNES 10:32
JOHANNES 10:32 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir hulle gesê: “Die Vader het gesê Ek moet baie dinge doen, goeie dinge, en Ek het dit gedoen. Julle moet vir My sê oor watter goeie ding wil julle My doodgooi met klippe.”
JOHANNES 10:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jesus antwoord hulle: Baie goeie werke het Ek julle getoon van my Vader. Oor watter een van dié werke stenig julle My?
JOHANNES 10:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?”
JOHANNES 10:32 Die Boodskap (DB)
Jesus was egter te vinnig vir hulle. “Wag ’n bietjie,” sê Hy. “Ek het baie mense gehelp en goeie dinge gedoen. My Vader wou hê Ek moes dit doen. Watter een van die dinge wat Ek gedoen het, het julle so kwaad gemaak dat julle My nou met klippe wil doodgooi? Sê My.”