JOHANNES 10:21
JOHANNES 10:21 Bybel vir almal (ABA)
Ander Jode het gesê: “Nee, wanneer 'n duiwel iemand laat praat, dan sal hy nie praat soos Jesus praat nie. 'n Duiwel kan ook nie blinde mense laat sien nie.”
JOHANNES 10:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van 'n besetene nie; 'n duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie.
JOHANNES 10:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ander het gesê: “Dit is nie die woorde van 'n besetene nie. 'n Duiwel kan tog nie blindes se oë genees nie?”
JOHANNES 10:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ander het gesê: “Hierdie woorde is nie van iemand wat van 'n demoon besete is nie. 'n Demoon kan tog nie blindes se oë oopmaak nie?”
JOHANNES 10:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ander het gesê: Dit is nie die woorde van hom wat 'n duiwel het nie. Kan 'n duiwel die oë van die blindes oopmaak?
JOHANNES 10:21 Die Boodskap (DB)
“Nee, julle maak ’n groot fout,” kom dit weer van ’n ander. “Iemand wat die spoor byster geraak het, kan nie só praat nie. En buitendien, het julle al van ’n versteurde man gehoor wat iemand wat sy hele lewe blind was, kon laat sien? Toe, wat sê julle nou?”