JOHANNES 10:2-4 - Compare All Versions

JOHANNES 10:2-4 ABA (Bybel vir almal)

Die skaapwagter, die herder, kom in by die hek. Die man by die hek maak die hek vir die wagter oop. Die skape hoor die herder se stem. Hy roep elke skaap se naam en dan bring hy hulle uit die kraal uit. Wanneer hy al sy eie skape uit die kraal gebring het, dan loop hy voor die skape. Die skape gaan saam met die herder, want hulle ken sy stem.

JOHANNES 10:2-4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit. En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.

JOHANNES 10:2-4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar hy wat deur die hek ingaan, is die skape se herder; vir hom maak die hekwagter oop. Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.

JOHANNES 10:2-4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar hy wat by die hek ingaan, is 'n herder van die skape; vir hom maak die hekwagter oop, en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape op hulle naam en lei hulle uit. Wanneer hy al sy eie skape uitgelei het, gaan hy voor hulle uit, en hulle volg hom, omdat hulle sy stem ken.

JOHANNES 10:2-4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar hy wat deur die deur gaan, is die herder van die skape. Vir hom maak die poortwagter oop; en die skape hoor sy stem, en hy roep sy eie skape by die naam en lei hulle uit. En as hy sy eie skape uitbring, gaan hy voor hulle uit, en die skape volg hom, want hulle ken sy stem.

JOHANNES 10:2-4 DB (Die Boodskap)

Die herder sal die hek gebruik om in die kraal in te gaan. “Die wag by die hek sal dit dadelik vir hom oopmaak. In die kraal sal hy sy skape bymekaarmaak. Hy sal hulle op hulle name roep en hulle sal kom. Dan sal hy hulle uit die kraal lei. “Hy sal voor hulle uitstap weiveld toe en hulle sal agternakom, want hulle ken sy stem.

JOHANNES 10:2-4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Iemand wat egter deur die hek toegang verkry, is die herder van die skape. Vir hom maak die hekwagter oop, en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape op hulle name en lei hulle uit. Wanneer hy al sy eie skape na buite gelei het, loop hy voor hulle uit, en die skape hou aan om hom te volg omdat hulle sy stem ken.