JOHANNES 1:45
JOHANNES 1:45 Bybel vir almal (ABA)
Filippus kry toe vir Natanael en sê vir hom: “Moses het in sy boeke geskryf oor die Man wat sal kom, en die profete het ook oor Hom geskryf. Ons het Hom gekry! Sy naam is Jesus. Hy is die seun van Josef en Hy kom van die stad Nasaret.”
JOHANNES 1:45 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Filippus was van Betsáida, uit die stad van Andréas en Petrus.
JOHANNES 1:45 Afrikaans 1983 (AFR83)
Filippus kry toe vir Natanael en sê vir hom: “Ons het Hom gekry van wie Moses in die wet geskrywe het en van wie die profete ook geskrywe het. Dit is Jesus van Nasaret, die seun van Josef.”
JOHANNES 1:45 Die Boodskap (DB)
Die nuus oor Jesus het vinnig versprei. Filippus het vir Natanael gekry en hom weer vertel: “Ons het die Een gekry oor wie Moses geskryf het. Jy weet mos, dit is die Een oor wie die profete ook so geskryf het. Dit is Jesus, die seun van Josef wat in Nasaret bly.”