JEREMIA 9:25-26 - Compare All Versions

JEREMIA 9:25-26 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daar kom dae, sê die Here, dat Ek selfs almal wat besny is, gaan straf, of dit nou Egipte, Juda, Edom, die Ammoniete of Moab is, of die woestynbewoners wat hulle koppe aan die kante kaal skeer, want al hierdie volke is tog maar onbesnede, en die hele Israel is onbesnede van hart, hulle is ontrou aan My.

JEREMIA 9:25-26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is, wat nogtans onbesnede is: oor Egipte en Juda en Edom en oor die kinders van Ammon en Moab en oor almal wat die rand van hulle hare wegskeer, wat in die woestyn woon; want al die heidene is onbesnede, maar die hele huis van Israel is onbesnede van hart.

JEREMIA 9:25-26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die HERE sê: “Die tyd breek aan wanneer Ek al die mense wat net uiterlik besny is, sal straf. Dit is die mense van Egipte, Edom, die Ammoniete, Moab en die woestynbewoners wat in afgeleë plekke woon. Want al hierdie volke is onbesnede. Selfs die hele huis van Israel is onbesnede van hart.”

JEREMIA 9:25-26 DB (Die Boodskap)

Die Here sê: “Daar kom ’n tyd dat Ek al die mense wat net uiterlik besny is, sal straf. Ek kyk na mense se gesindheid en stel nie in die uiterlike tekens alleen belang nie. Al Israel se bure is sulke mense wat Ek sal straf, die mense van Egipte, Edom, Amnon en Moab. Natuurlik die mense van Juda ook! Geeneen van hierdie buurnasies van Juda het die uiterlike tekens aan hulle liggaam om te bewys dat hulle deel van die mense van die Here is nie. Die mense van Juda se doen en late wys nie dat hulle aan die Here behoort nie. Hulle is ontrou aan die Here.”

JEREMIA 9:25-26 ABA (Bybel vir almal)

Die Here sê: “Eendag sal Ek almal straf wat besny is: die mense van Egipte en Juda en Edom, die Ammoniete, die mense van Moab en die mense wat in die woestyn woon en wat die kante van hulle koppe kaal skeer. Hulle is besny maar hulle dien My nie, en die hele volk Israel wat besny is, dien My ook nie.”

JEREMIA 9:25-26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die HERE, “wanneer Ek rekenskap sal eis van almal wat aan die voorhuid besny is – van Egipte, Juda, Edom, die Ammoniete, en Moabiete, van al die woestynbewoners wat hulle slape skoonskeer. Want al dié nasies is eintlik onbesnede; maar die hele huis van Israel is onbesnede van hart.”

JEREMIA 9:25-26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is saam met die onbesnedenes; Egipte en Juda en Edom en die kinders van Ammon en Moab en almal wat in die uithoeke is, wat in die woestyn woon; want al hierdie nasies is onbesnede, en die hele huis van Israel is onbesnede in die hart.