JEREMIA 9:23-24
JEREMIA 9:23-24 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Die wyse mens moenie spog oor sy wysheid nie, die sterk mens moenie spog oor sy krag nie, die ryk mens moenie spog oor alles wat hy het nie. Maar as iemand wil spog, dan moet hy hieroor spog: dat hy My, die Here, ken en dat hy weet Ek doen wat Ek belowe het. Ek doen reg en Ek is goed vir al die mense op die aarde. Ja, dit is waarvan Ek hou.”
JEREMIA 9:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So sê die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie; maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek 'n behae, spreek die HERE.
JEREMIA 9:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here: Die wyse man moet nie in sy wysheid roem nie, die soldaat nie in sy krag nie, die ryk man nie in sy rykdom nie. Laat hom wat wil roem, daarin roem dat hy insig het en My ken. Ek is die Here. Ek bewys liefde, reg en geregtigheid op die aarde, want dit is wat Ek wil hê, sê die Here.
JEREMIA 9:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE: “'n Wyse moet hom nie op sy wysheid beroem nie, 'n magtige moet hom nie op sy krag beroem nie, en 'n ryke moet hom nie op sy rykdom beroem nie. Slegs hierop moet die een wat wil roem, hom beroem: dat hy insig het en My ken, naamlik dat Ek die HERE is wat troue liefde, reg en geregtigheid handhaaf op aarde; want daarin vind Ek vreugde.” Dit is die uitspraak van die HERE.
JEREMIA 9:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE: Laat die wyse nie roem in sy wysheid nie, en laat die sterke nie roem in sy sterkte nie, laat die ryk man nie roem in sy rykdom nie. Maar laat hom wat roem, hom daarin beroem, dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, oordeel en geregtigheid op die aarde doen; want hierin het Ek 'n welbehae, spreek die HERE.
JEREMIA 9:23-24 Die Boodskap (DB)
Die Here sê: “’n Mens wat wysheid het, moet nie loop en spog met sy kennis nie. Net so moet iemand wat sterk is, nie grootpraat oor sy krag nie. Dieselfde geld vir mense wat ryk is; hulle moet nie dink hulle is beter as ander mense omdat hulle baie geld en goed het nie. As daar mense is wat tog wil spog, is daar net een goeie rede, en dit is dat hulle insig het en My ken. Ek is die Here wat altyd regverdig optree en sorg dat ander dit ook doen. Omdat Ek julle liefhet, sal Ek julle nie in die steek laat nie. Dit is wat Ek van julle verwag. Dit sal My baie bly maak,” sê die Here.
JEREMIA 9:23-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE sê: “Mense met insig moenie spog met hulle kennis nie. Sterk mense moenie grootpraat oor hulle krag nie. Ryk mense moenie roem in hulle rykdom nie. Laat hulle wat wil grootpraat, spog dat hulle My ken, en begryp dat Ek die HERE is wat reg en regverdig is, wie se liefde onfeilbaar is, en dat dit ook die dinge is wat My bly maak. Ek, die HERE, het dit gesê!”