JEREMIA 9:13-14
JEREMIA 9:13-14 Bybel vir almal (ABA)
En die Here het gesê: “Dit het gebeur omdat die mense van Juda en Jerusalem nie gedoen het wat Ek wil hê nie en omdat hulle nie gehoorsaam was aan My nie. Hulle het nie gelewe soos Ek wil hê nie, hulle was hardkoppig, hulle het gelewe soos hulle self besluit het. Hulle het die Baäls gedien soos hulle voorvaders vir hulle geleer het om te doen.”
JEREMIA 9:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE het gesê: Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie, maar gewandel het agter die verhardheid van hulle hart en agter die Baäls aan, waaraan hulle vaders hulle gewend gemaak het
JEREMIA 9:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het gesê: Dit is omdat hulle my wet verlaat het wat Ek hulle gegee het; hulle het nie na My geluister nie en my wet nie nagekom nie, hulle het agter hulle eie harde koppe aangegaan en agter die Baäls aan soos hulle voorvaders hulle geleer het.
JEREMIA 9:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het geantwoord: “Omdat hulle my wet verlaat het wat Ek aan hulle voorgehou het, hulle nie na my stem geluister en my wet nie gevolg het nie, maar agter die verstoktheid van hulle eie harte en agter die Baäls aangeloop het, soos hulle voorouers hulle geleer het.”
JEREMIA 9:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE sê: Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie; Maar hulle het gewandel volgens die verbeelding van hulle eie hart en agter die Baäls aan wat hulle vaders hulle geleer het.
JEREMIA 9:13-14 Die Boodskap (DB)
Die Here het geantwoord: “Die stad lyk so omdat my mense nie my voorskrifte volg nie. Hulle het geweier om te lewe soos Ek gesê het hulle moet. Om die waarheid te sê, hulle is hardkoppige mense wat net doen wat hulle wil. Hulle het gebuig voor die beelde van die god Baäl soos hulle by hulle voorouers geleer het.”
JEREMIA 9:13-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het geantwoord: “Dit is omdat my mense weier om my voorskrifte wat Ek vir hulle gegee het, te volg. Hulle weier om na My te luister en volgens my voorskrifte te lewe. Hulle is hardkoppige mense wat net doen wat hulle wil. Hulle het die Baäls aanbid soos hulle by hulle voorouers geleer het.”