JEREMIA 8:15 - Compare All Versions
JEREMIA 8:15 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ons wag dat alles moet regkom, maar dit gaan nie goed nie, ons wag op 'n tyd van verbetering, maar daar is net rede tot skrik.
JEREMIA 8:15 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Hulle wag op vrede, maar daar is niks goeds nie; op 'n tyd van beterskap, maar kyk, daar is verskrikking.
JEREMIA 8:15 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Ons wag op vrede, maar daar het niks goeds gebeur nie. Ons het uitgesien na ’n tydperk van genesing, maar iets skrikwekkends het gebeur.
JEREMIA 8:15 DB (Die Boodskap)
Ons het gehoop vir ’n tyd van vrede, maar daar het niks van gekom nie. In plaas van ’n tyd waarin ons gehoop het dat dinge vir ons sou regkom, het iets skrikwekkends met ons gebeur.
JEREMIA 8:15 ABA (Bybel vir almal)
Hulle sal wag vir vrede, maar daar sal niks gebeur wat goed is nie, hulle sal wag dat dit weer goed moet gaan, maar hulle sal nog banger word.
JEREMIA 8:15 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons het gehoop op vrede, maar daar is niks goeds nie, op 'n tyd van genesing, maar kyk, daar is verskrikking.
JEREMIA 8:15 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ons het na vrede gesoek, maar daar het niks goeds gekom nie; en vir 'n tyd van gesondheid, en kyk, daar is benoudheid!