JEREMIA 7:21 - Compare All Versions

JEREMIA 7:21 ABA (Bybel vir almal)

Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Dit sal beter wees as julle die vleis van julle brand-offers self eet saam met die vleis van julle ander offers.

JEREMIA 7:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Voeg julle brandoffers by julle slagoffers en eet vleis.

JEREMIA 7:21 AFR83 (Afrikaans 1983)

So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Bring nog meer brandoffers saam met julle offers en eet die vleis.

JEREMIA 7:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“ ‘So sê die HERE, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Julle •brandoffers, voeg dit by julle •maaltydoffers en eet vleis!

JEREMIA 7:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Bring julle brandoffers by julle slagoffers, en eet vleis.

JEREMIA 7:21 DB (Die Boodskap)

Die Here is sterker as alles en almal. Hy is die God van Israel en Hy sê: “Gaan aan, bring nog meer offers wat verbrand word saam met julle ander offers. Ja, en eet self die vleis.

JEREMIA 7:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die HERE, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Weg met julle brandoffers en ander offers! Eet self die vleis!