JEREMIA 42:21
JEREMIA 42:21 Bybel vir almal (ABA)
Maar toe ek vandag vir julle die boodskap van julle God bring, het julle nie geluister na Hom nie.
JEREMIA 42:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So het ek julle dit dan vandag bekend gemaak, en julle het nie geluister na die stem van die HERE julle God, naamlik na alles waarmee Hy my na julle gestuur het nie.
JEREMIA 42:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar noudat ek vandag vir julle gesê het wat Hy sê, is julle ongehoorsaam aan die Here julle God, aan alles wat Hy my opgedra het om vir julle te sê.
JEREMIA 42:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het dit vandag aan julle oorgedra, maar julle luister nie na die stem van die HERE julle God oor alles waarmee Hy my na julle gestuur het nie.
JEREMIA 42:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nou het Ek dit vandag aan julle verkondig; maar julle het na die stem van die HERE julle God nie geluister nie, en ook nie na iets waarvoor Hy my na julle toe gestuur het nie.
JEREMIA 42:21 Die Boodskap (DB)
Vandag het ek mooi en duidelik vir julle gesê wat sy antwoord is, maar julle luister nie na wat die Here julle God vir julle sê om te doen nie. Om die waarheid te sê, julle het julle nog nooit aan enigiets gesteur wat Hy vir my gesê het om vir julle te sê nie.