JEREMIA 40:8
JEREMIA 40:8 Bybel vir almal (ABA)
Die offisiere het na Gedalja toe gekom in die stad Mispa. Die offisiere was Ismael seun van Netanja, Joganan seun van Kareag, Seraja seun van Tangumet, die seuns van Efai van die stad Netofa, en Jesanja van die stad Maäka. Dit was die offisiere en hulle manne.
JEREMIA 40:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
het hulle na Gedálja gekom in Mispa, naamlik Ismael, die seun van Netánja, en Jóhanan en Jónatan, die seuns van Karéag, en Serája, die seun van Tánhumet, en die seuns van Efai, die Netofatiet, en Jesánja, die seun van die Maägatiet, hulle en hulle manskappe.
JEREMIA 40:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die bevelhebbers en hulle manskappe is toe ook na Gedalja toe in Mispa. Onder hulle was Ismael seun van Netanja, Joganan en Jonatan seuns van Kareag, Seraja seun van Tangumet, die seuns van Efai uit Netofa, en Jaäsanja seun van iemand uit Maäka, hulle met hulle manskappe.
JEREMIA 40:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
het hulle na Gedalja in Mispa gekom. Dit was Ismael, seun van Netanja, Joganan en Jonatan, seuns van Kareag, asook Seraja, seun van Tangumet, en die seuns van Efai uit Netofa, en ook Jesanja, seun van 'n man uit Maäga – hulle en hulle manskappe.
JEREMIA 40:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe kom hulle by Gedalja in Mispa, naamlik Ismael, die seun van Netanja, en Jóhanan en Jónatan, die seuns van Kareag, en Seraja, die seun van Tanhumet, en die seuns van Efai, die Netofatiet, en Jesanja, die seun van 'n Maägatiet, hulle en hulle mans.