JEREMIA 40:7
JEREMIA 40:7 Bybel vir almal (ABA)
Daar was nog offisiere van Juda in die veld. Hulle en hulle manne het gehoor dat die koning van Babel vir Gedalja gekies en aangestel het om oor die land te regeer. Gedalja moes regeer oor die mans, vroue en kinders wat nie na Babel moes gaan nie. Hulle was die arm mense van die land.
JEREMIA 40:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe al die owerstes van die leërs wat in die veld was, hulle en hulle manskappe, hoor dat die koning van Babel Gedálja, die seun van Ahíkam, oor die land aangestel het en dat hy aan hom manne en vroue en kinders toevertrou het, en van die arm mense van die land, van die wat nie in ballingskap weggevoer is na Babel nie
JEREMIA 40:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die bevelhebbers van die Israelitiese soldate wat nog in die veld was en hulle manskappe het gehoor dat die koning van Babel vir Gedalja seun van Agikam in bevel van die land geplaas het en dat hy die mans, vrouens en kinders wat van die armstes in die land was en wat nie na Babel toe verban is nie, aan Gedalja se sorg toevertrou het.
JEREMIA 40:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe al die bevelvoerders van die leërafdelings wat nog in die veld was, hulle en hulle manskappe, hoor dat die koning van Babilonië vir Gedalja, seun van Agikam, in die land aangestel het, en dat hy mans, vroue en kinders, en mense uit die armstes van die land, wat nie in ballingskap na Babilonië weggevoer is nie, aan hom toevertrou het
JEREMIA 40:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe al die owerstes van die leërs wat in die veld was, hulle en hulle manne, hoor dat die koning van Babel vir Gedalja, die seun van Ahikam, as goewerneur in die land aangestel het en aan hom mans en vroue en kinders toevertrou het en van die armes van die land, van die wat nie in ballingskap na Babel weggevoer is nie
JEREMIA 40:7 Die Boodskap (DB)
Daar was nog offisiere en manskappe van Juda in die plattelandse gebiede afgesny. Hulle het gehoor dat die koning van Babel vir Gedalja die seun van Agikam as bestuurder van Juda aangestel het. Hy moes toesig hou oor die mans, vroue en kinders en ook die arm mense wat nie uit Juda na Babel toe weggevat is nie.
JEREMIA 40:7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daar was nog offisiere en soldate van Juda wat in die plattelandse gebiede agtergebly het. Hulle het gehoor dat die koning van Babel vir Gedalja seun van Agikam as goewerneur van Juda aangestel het. Hy moes toesig hou oor die mans, vroue en kinders, die arm mense wat nie uit Juda na Babel weggevoer is nie.