JEREMIA 40:6
JEREMIA 40:6 Bybel vir almal (ABA)
Jeremia het na Gedalja toe in Mispa gegaan en hy het daar by hom gaan bly saam met die mense wat nog oorgebly het in die land.
JEREMIA 40:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jeremia het by Gedálja, die seun van Ahíkam, in Mispa gekom en by hom gewoon onder die volk wat in die land oorgebly het.
JEREMIA 40:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jeremia is toe na Gedalja seun van Agikam toe in Mispa. Hy het daar by hom gaan bly tussen die mense wat in die land oor was.
JEREMIA 40:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jeremia het na Gedalja, seun van Agikam, in Mispa gegaan. Hy het by hom gebly tussen die mense wat in die land oor was.
JEREMIA 40:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jeremia het toe gegaan na Gedalja, die seun van Ahikam, na Mispa; en by hom gaan woon onder die volk wat in die land oorgebly het.