JEREMIA 39:16
JEREMIA 39:16 Bybel vir almal (ABA)
“Jy moet vir die Kussiet Ebed-Melek gaan sê: Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Kyk, Ek sal alles laat gebeur wat Ek oor hierdie stad gesê het. Dit sal sleg gaan, nie goed nie. En jy sal sien wanneer dit gebeur.
JEREMIA 39:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gaan en spreek met Ebed-Meleg, die Kusiet, en sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring my woorde oor hierdie stad ten kwade en nie ten goede nie, en dit sal voor jou oë vervul word in dié dag.
JEREMIA 39:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gaan sê vir die Kussiet Ebed-Melek: So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Wat Ek oor hierdie stad bring, is tot sy ondergang, nie tot sy redding nie. En jy sal dit sien as dit gebeur.
JEREMIA 39:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Gaan praat met Ebed-Meleg, die Kussiet en sê, ‘So sê die HERE, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Kyk, Ek sal my woord teen hierdie stad in vervulling laat gaan – ten kwade en nie ten goede nie. Dit sal op daardie dag voor jou oë gebeur.
JEREMIA 39:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Gaan spreek met Ebed-Meleg, die Kusiet, en sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel; Kyk, Ek bring my woorde oor hierdie stad ten kwade en nie ten goede nie; en hulle sal op daardie dag voor jou volbring word.
JEREMIA 39:16 Die Boodskap (DB)
“Sê vir Ebed-Melek wat uit Afrika kom, die Here wat die God van Israel is en sterker as alles en almal is, sê: Ek sal alles met Jerusalem doen wat Ek gedreig het om te doen. Vir die stad wag daar nie goeie dinge nie, maar baie slegte dinge gaan gebeur. As die tyd kom, sal jy dit sien gebeur.
JEREMIA 39:16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Sê vir Ebed-Melek die Etiopiër die HERE, die Almagtige, die God van Israel, sê: ‘Ek gaan alles aan Jerusalem doen wat Ek gedreig het om te doen. Vir die stad wag daar nie goeie nie, maar slegte dinge. As die tyd kom, sal jy dit sien gebeur.