JEREMIA 39:14
JEREMIA 39:14 Bybel vir almal (ABA)
het mense gestuur en hulle het vir Jeremia uit die binneplaas van die wagte gebring. Hulle het Jeremia vir Gedalja gegee en gesê hy moet Jeremia na sy huis bring. Gedalja was die seun van Agikam en Agikam was die seun van Safan. Jeremia het tussen die mense gaan woon.
JEREMIA 39:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Jeremia uit die voorhof van bewaking laat haal en hom oorgegee aan Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, om hom huis toe te bring. So het hy dan onder die volk gebly.
JEREMIA 39:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
en hulle het vir Jeremia uit die binneplaas van die paleiswag gebring en hom aan Gedalja seun van Agikam, seun van Safan, oorhandig om hom huis toe te vat. Jeremia het daar tussen die volk gewoon.
JEREMIA 39:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het Jeremia uit die binnehof van die wagte se kwartiere laat haal. Hulle het hom aan Gedalja, seun van Agikam, seun van Safan, oorhandig om hom huis toe te neem. So het hy tussen die mense bly woon.
JEREMIA 39:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Selfs hulle het gestuur en Jeremia uit die voorhof van die gevangenis geneem en hom aan Gedalja, die seun van Ahikam, die seun van Safan, oorgegee, dat hy hom moes huis toe bring; daarom het hy onder die volk gaan woon.