JEREMIA 33:8-9 - Compare All Versions
JEREMIA 33:8-9 ABA (Bybel vir almal)
Ek sal hulle reinig en die sondes vergewe wat hulle gedoen het toe hulle verkeerd gedoen het en opstandig was teen My. Al die volke op die aarde sal hoor van die goeie dinge wat Ek vir Jerusalem gedoen het, en hulle sal weet dat Ek trots is op die mooi stad wat my Naam het. Die volke sal skrik en verbaas wees omdat Ek al die goeie dinge doen vir die stad en omdat die mense veilig woon in die stad.”
JEREMIA 33:8-9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En Ek sal hulle reinig van al hulle ongeregtigheid waarmee hulle teen My gesondig het, en vergewe al hulle ongeregtighede waarmee hulle teen My gesondig en teen My oortree het. En die stad sal vir My wees 'n vreugdevolle roem, 'n lof en 'n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek aan hulle doen; en hulle sal bewe en ontroer word oor al die goeie en oor al die vrede wat Ek daaraan bewys.
JEREMIA 33:8-9 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ek sal hulle reinig van al die sondes waarmee hulle teen My oortree het en al hulle sondes vergewe waarmee hulle teen My oortree het, en in opstand gekom het. Dit sal my Naam groot maak en aan My blydskap verskaf, aan My lof en eer gee voor al die nasies van die aarde wanneer hulle hoor van al die goeie wat Ek vir my volk gedoen het. Die nasies sal bang wees en My dien oor al die goeie wat Ek doen en oor die vrede wat Ek vir Jerusalem gee.
JEREMIA 33:8-9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal hulle reinig van al hulle sondeskuld waarmee hulle teen My gesondig het. Ek sal al hulle sondeskuld vergewe waarmee hulle teen My gesondig en teen My oortree het. En Jerusalem sal vir My 'n naam wees wat vreugde verskaf – as 'n lofprysing en 'n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie dinge wat Ek vir hulle doen. Hulle sal sidder en beef oor al die goeie dinge en oor al die voorspoed wat Ek vir haar voorsien.’
JEREMIA 33:8-9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal hulle reinig van al hulle ongeregtigheid waardeur hulle teen My gesondig het; en Ek sal al hulle ongeregtighede vergewe waardeur hulle gesondig het en waarmee hulle teen My oortree het. En dit sal vir My 'n naam van vreugde wees, 'n lof en 'n eer voor al die nasies van die aarde wat sal hoor al die goeie wat Ek aan hulle doen; en hulle sal vrees en bewe oor al die goedheid en oor al die voorspoed wat ek hom bewerk.
JEREMIA 33:8-9 DB (Die Boodskap)
Soos ’n mens vuilheid afwas, so sal Ek van al die verkeerde goed wat hulle gedoen het, ontslae raak. Hulle het verkeerd gedoen en was opstandig teen My. Maar Ek sal hulle daarvoor vergewe. Jerusalem sal vir My baie blydskap bring. Al die nasies van die wêreld sal goeie dinge oor My sê en My met respek behandel. Hierdie nasies sal van vrees aan die bewe gaan as hulle hoor van al die goeie dinge wat Ek vir my mense gedoen het.”
JEREMIA 33:8-9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Ek sal hulle rein maak van die sonde wat hulle teen My gedoen het. Hulle het verkeerd gedoen en was opstandig teen My, maar Ek sal hulle daarvoor vergewe. Die stad sal vir My baie blydskap, roem en eer voor al die nasies van die wêreld bring. Hierdie nasies sal van vrees bewe as hulle al die goeie dinge sien wat Ek vir my mense doen.”