JEREMIA 33:22
JEREMIA 33:22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Soos die sterre en die sand op die strande nie getel kan word nie, so sal Ek die nageslag van my dienskneg Dawid en die Leviete in my diens vermeerder.”
JEREMIA 33:22 Bybel vir almal (ABA)
want Ek sal die nageslag van Dawid en die Leviete wat vir My werk, baie laat word, so baie soos die sterre in die lug, niemand kan hulle tel nie. Hulle sal so baie wees soos die sand by die see, niemand kan dit meet nie.”
JEREMIA 33:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Soos die leër van die hemel nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal Ek vermenigvuldig die nageslag van my kneg Dawid, en die Leviete wat My dien.
JEREMIA 33:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal die nageslag van my dienaar Dawid en dié van die Leviete wat in my diens is, so baie maak soos die sterre wat nie getel kan word nie, en soos die sand van die see waarvan die hoeveelheid nie bereken kan word nie.
JEREMIA 33:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Soos wat die hemelliggame nie getel en die sand van die see nie afgemeet kan word nie, so sal Ek die nageslag van Dawid, my dienskneg, vermeerder, en ook die Leviete wat in my diens is.’ ”
JEREMIA 33:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos die leër van die hemel nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal Ek die nageslag van my kneg Dawid en die Leviete wat My dien, vermenigvuldig.
JEREMIA 33:22 Die Boodskap (DB)
Dit is nie moontlik om die sterre te tel nie. Dit is ook onmoontlik om vas te stel hoeveel sand op die strande is. Die nageslag van Dawid wat kom, sal so baie word dat hulle soos die sterre en die seesand sal wees. ’n Mens sal hulle nie kan tel nie. Dieselfde geld ook vir die Leviete.”