JEREMIA 31:38
JEREMIA 31:38 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Die tyd sal nou kom wanneer hulle die stad van die Here weer sal bou, van die Gananel-toring tot by die Hoek-poort
JEREMIA 31:38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat die stad vir die HERE herbou sal word, van die toring Hanáneël af tot by die Hoekpoort.
JEREMIA 31:38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat hierdie stad vir My herbou sal word van die Gananeltoring af tot by die Hoekpoort.
JEREMIA 31:38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die HERE, “wanneer die stad vir die HERE herbou sal word, van die Gananeltoring af tot by die Hoekpoort.
JEREMIA 31:38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat die stad vir die HERE gebou sal word van die toring Hananeel af tot by die Hoekpoort.