JEREMIA 31:37
JEREMIA 31:37 Die Boodskap (DB)
Die hemel kan eintlik nie gemeet word nie. En die fondasie van die aarde kan eintlik nie ondersoek word nie. Net so min as wat dit gedoen kan word, net so min sal Ek daaraan dink om die mense van Israel weg te gooi oor die verkeerde dinge wat hulle gedoen het.” Dit is wat die Here sê!
JEREMIA 31:37 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Niemand kan die hemel daarbo meet nie, en niemand kan kyk of die fondamente van die wêreld reg is nie. So sal Ek ook nooit die hele nageslag van Israel los oor alles wat hulle gedoen het nie.”
JEREMIA 31:37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.
JEREMIA 31:37 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here: As die hemel daarbo afgemeet kan word en as die fondamente van die aarde daaronder vasgestel kan word, sal Ek die hele nageslag van Israel verwerp oor alles wat hulle gedoen het, sê die Here.
JEREMIA 31:37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE, “As die hemelruim daar bo gemeet kan word, en die fondamente van die aarde daar onder vasgestel kan word, sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp oor alles wat hulle gedoen het,” is die uitspraak van die HERE.
JEREMIA 31:37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE: As die hemel daarbo gemeet kan word en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp oor alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.
JEREMIA 31:37 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE sê: “Net soos die hemele nie gemeet kan word, of die fondasie van die aarde ondersoek kan word nie, net so min sal Ek daaraan dink om die nageslag van Israel vir altyd weg te gooi vir die verkeerde dinge wat hulle gedoen het.” Dit is wat die HERE sê!