JEREMIA 31:33
JEREMIA 31:33 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Die verbond wat Ek later met die Israeliete sal maak, sal só wees: Ek sal my wette op hulle harte skryf sodat dit binne-in hulle sal wees. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.
JEREMIA 31:33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
JEREMIA 31:33 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.
JEREMIA 31:33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Nee, dít is die verbond wat Ek ná daardie dae met die huis van Israel sal sluit,” is die uitspraak van die HERE: “Ek sal my wet in hulle binneste gee, en dit op hulle harte skryf. Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
JEREMIA 31:33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar dit sal die verbond wees wat Ek met die huis van Israel sal sluit; Ná dié dae, spreek die HERE, sal Ek my wet in hulle binneste gee en dit in hulle hart skrywe; en hulle sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.