JEREMIA 31:23
JEREMIA 31:23 Bybel vir almal (ABA)
Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Wanneer Ek dit weer goed laat gaan met die mense van Juda, dan sal hulle in die land Juda en in sy stede weer sê: ‘ Gewyde berg, die Here sal jou seën, jy is die berg waar die mense woon wat reg doen.’
JEREMIA 31:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Weer sal hulle hierdie woord sê in die land Juda en in die stede daarvan, as Ek hulle lot verander: Mag die HERE jou seën, o woning van geregtigheid, heilige berg!
JEREMIA 31:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Wanneer Ek hulle lot verander, sal hulle weer in Juda en in sy stede sê: Die Here sal jou seën, regmatige woonplek, heilige berg!
JEREMIA 31:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“So sê die HERE, Heerser oor alle magte, die God van Israel, ‘Hulle sal weer hierdie woorde sê in die land Juda en in sy dorpe wanneer Ek hulle lot verander: “Mag die HERE jou seën, woonplek van geregtigheid, heilige berg!”
JEREMIA 31:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Nogtans sal hulle hierdie spraak gebruik in die land van Juda en in die stede daarvan, wanneer Ek hulle ballingskap terugbring; Die HERE seën jou, o woning van geregtigheid en berg van heiligheid!
JEREMIA 31:23 Die Boodskap (DB)
Die Here is sterker as alles en almal. Hy is die God van Israel en Hy sê: “As Ek Israel se omstandighede verander in Juda en in al hulle stede, sal hulle weer sê: ‘Mag die Here jou voorspoedig maak, Jerusalem!’ Jerusalem is die Here se spesiale woonplek.