JEREMIA 31:14
JEREMIA 31:14 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal die priesters wat nou honger is, lekker laat eet. Ek sal my volk genoeg laat eet van die goeie dinge wat Ek sal gee.” Dit het die Here gesê.
JEREMIA 31:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal die siel van die priesters verkwik met vettigheid, en my volk sal versadig word met my seëninge, spreek die HERE.
JEREMIA 31:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal 'n oorvloed goeie kos vir die priesters gee, my volk sal oorgenoeg hê aan die goeie wat Ek gee, sê die Here.
JEREMIA 31:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal die priesters verkwik met olie, en my volk sal met my goedheid versadig word,’ ” is die uitspraak van die HERE.
JEREMIA 31:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal die siel van die priesters versadig met vet, en my volk sal versadig word met my goedheid, spreek die HERE.