JEREMIA 31:10
JEREMIA 31:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hoor die woord van die Here, nasies, vertel dit aan die verste eilande! Julle moet sê: Hy wat vir Israel verstrooi het, sal hom bymekaarmaak. Die Here sal hom oppas soos 'n wagter sy trop skape oppas.
JEREMIA 31:10 Bybel vir almal (ABA)
Volke, julle moet hoor wat die Here sê, julle moet dit vertel in die lande ver langs die see, julle moet sê: “Hy wat die Israeliete gejaag het na al die kante toe, Hy sal hulle bymekaarmaak en Hy sal hulle oppas soos 'n herder die skape oppas wat aan hom behoort
JEREMIA 31:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos 'n herder sy kudde.
JEREMIA 31:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Hoor die woord van die HERE, nasies! Maak dit bekend op die verste eilande, en sê, ‘Hy wat Israel verstrooi het, sal hulle bymekaarmaak en hulle oppas soos 'n herder sy kudde.’
JEREMIA 31:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig dit in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom versamel en hom bewaar soos 'n herder sy kudde.
JEREMIA 31:10 Die Boodskap (DB)
Die Here het iets vir die nasies te sê wat Hy wil hê hulle moet hoor. Selfs lande wat baie ver is en by die see is, moet dit hoor: die Here het sy volk uitmekaar laat spat. Maar Hy sal hulle weer bymekaarmaak. Hy sal hulle oppas soos ’n herder sy skape oppas.