JEREMIA 25:38
JEREMIA 25:38 Bybel vir almal (ABA)
Die Here is soos 'n leeu wat uit sy lêplek kom. Die Here het kwaad geword en vyande gestuur om die lande te oorwin en die mense weg te vat.
JEREMIA 25:38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy het soos 'n jong leeu sy lêplek verlaat; want hulle land het 'n woesteny geword weens die gewelddadige swaard, ja, weens sy toorngloed.
JEREMIA 25:38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die herder sal sy hut verlaat soos die leeu van sy lêplek af padgee. Hulle land sal verlate wees. Die toorn wat alles platvee, die gloeiende toorn van die Here sal dit alles doen.
JEREMIA 25:38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Soos 'n jong leeu het Hy sy lêplek verlaat; want hulle land het 'n woesteny geword vanweë die gewelddadige swaard, ja, vanweë sy brandende toorn.
JEREMIA 25:38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het sy skuilplek verlaat, soos 'n leeu, want hulle land is woes vanweë die grimmigheid van die verdrukker en vanweë sy toorngloed.